gormendizer (@gormendizer) header
gormendizer (@gormendizer) profile picture

Rocketjumper van formaat. Andinantloni.

dm3.bsp
Joined May 2008
Photo by gormendizer (@gormendizer)Photo by gormendizer (@gormendizer)Photo by gormendizer (@gormendizer)Photo by gormendizer (@gormendizer)Photo by gormendizer (@gormendizer)Photo by gormendizer (@gormendizer)Photo by gormendizer (@gormendizer)Photo by gormendizer (@gormendizer)
Messier 82 (Die Sigaarsterrestelsel) - 'n hoogs aktiewe sterrestelsel ("starburst galaxy") sowat 12 miljoen ligjare van ons af. Sterre hier vorm teen 'n veel vinniger tempo as in die Melkweg en 'n supernova ontplof hier ongeveer elke tien jaar. Op 'n kosmiese tydskaal is dit bykans onophoudelik. Die sterrestelsel het 'n chaotiese, onreëlmatige vorm wat van ons perspektief af lyk soos 'n sigaar. Die rooi uitvloei van gas en stof wat na buite stroom word aangedryf deur die gereelde ontploffing van supernovas in M82 se kern. Hiedie is ongeveer 80 ure se beligtingstyd met 'n 8 duim teleskoop. Ek het omtrent 30 ure aan breëband-data spandeer, en die res met 'n smalband filter wat die rooi waterstof isoleer. Die eindresultaat is 'n kombinasie van beide datastelle.
1
68
Galaxy season was vanjaar nie so suksesvol nie. Die weer het nie lekker saamgespeel nie, en ek kon slegs twee sterrestelsels tydens die Duitse Lente vasvang. Nieteenstaande, hier is die eerste een! Sê hallo vir M106, 'n Spiraalvormige sterrestelsel in die sterrebeeld Canes Venatic ("Jaghonde"). Dit lê 23 miljoen ligjare van die aarde af en is meestal ontoeganklik vir Suidelike halfrond sterrejagters. Die foto is in wese onvoltooid. Hier is skaars genoeg integrasietyd om die sterrestelsel te sien, en heeltemal te min om die reusagtige waterstof-jets wat uit die kern skiet selfs op te merk. Dis 'n lekker toets vir my toerusting, wat net-net op die grens van geskik vir hierdie teiken lê. Volgende jaar kan ons weer probeer!
1
56
Wat 'n voorreg om die sterre tussen vulkane af te neem youtube.com/watch?v=9YibL6m8…
1
60
160 ure op M81 - Bode se Sterrestelsel. 'n Skamele 12 miljoen ligjare van ons af. Ontdek deur Johann Bode in Berlyn op oujaarsaand in 1774. Slegs sigbaar in die Noordelike Halfrond. In hierdie foto is objekte op rofweg 4 verskillende tydskale: 1) M81 (die groot ding in die middel van die foto) en Holmberg IX (die dwergsterrestelsel links bo). Afstand: 12 miljoen ligjare 2) Sterre in ons eie sterrestelsel. Afstand: 10 tot 100 ligjare. 3) Geïntegreerde vloednewelagtigheid (Engels: IFN, Integrated Flux Nebulae). Die vae grys slierte regoor die foto. Hierdie is kosmiese stof net buite "galactic plane" van die melkweg. Ons kan dit sien omdat dit saggies belig word deur die gloed van die hele Melkweg. Die sein is verskriklik swak en benodig ure se beligting vanaf die stad net om sigbaar te raak. Afstand: 300 - 2000 ligjare 4) 'n Ontelbare aantal klein sterrestelseltjies wat waarskynlik so groot soos M81 self is, maar so ver weg is dat elkeen skaars 'n paar pixels op die kamera se sensor belig. Afstand: 100+ miljoen ligjare Brein. Geblaas. Hierdie is dus nou die langste projek waaraan ek al gewerk het. Dit het 20 winter-aande vanuit die ligbesoedelde Berlyn gekos om genoeg data in te samel. Maar dit was elke aand werd.
1
1
49
Cape Town trains are finally on Google Maps!
12
103
14
451
39,119
'n Onvoltooide foto van M81 (Bode se Sterrestelsel) - saamgestel uit 'n skamele 7 ure se beligting. Dis nog winter in Duitsland en dag en nag is meestal oortrek met wolke. Ek kon wel twee halwe aande op M81 spandeer, en dit is sover die resultaat. Ek kort ten minste nog 4 maal soveel data. Hoekom hierdie sterrestelsel? Wel, ek ek moes IETS afneem met die kosbare halwe aandjies, en hierdie was die beste besluit gegewe die omstandighede. Dis omtrent altyd in die Noorde (so, weg van die Berlynse ligkoepel), dis relatief helder vergeleke met ander sterrestelsels en ek het dit nog nooit regtig met 'n langer fokusafstand probeer fotografeer nie. Plus, die perd wat dit ontdek het se naam was ook Johan. En hy't dit in Berlyn ontdek. Kismet. Die weervoorspelling wil-wil skimp dat daar binnekort dalk 'n paar oop aande kan wees. Hy lieg die hele winter al, so ons kyk maar wat gebeur. Maar die hoop beskaam nie. #messier81 #bodesgalaxy #astrophotography
1
53
Hier is 'n collage van sommige van die teikens wat ons in 2024 gejag het. Dit was die eerste jaar waartydens ek 'n toegewyde sterrekundige kamera ingespan het, soos 'n regte grootmens. (Nou's ek ook lekker arm. Soos 'n regte grootmens.) Voorspoedige 2025 vir almal!
1
1
54
Reminder: Myers-Briggs personality types (e.g. 'INTJ' or 'ESPF') are outdated, unreliable, crude, silly, not-very-predictive pseudo-science, based on WWII-era Jungian psychoanalytic ideas. The Big Five personality traits (discovered in the 1980s) are far superior in almost every way -- except they're not as intuitively compelling to our monkey-brains that prefer simplistic binary ways to categorize people (e.g. 'extravert' or 'introvert' -- when most people are in between).
A very odd thing we uncovered in our personality research: people like MBTI-style (Jungian) personality test results better than Big Five test results and perceive them as more accurate, even though the Big Five test was about twice as accurate for making predictions.
84
102
8
869
127,661
I have debunked this map of global IQs, and the study it was based on, so many times, but it just won't die. Help me spread the word about how much this study sucks. For every 10 likes, I will tweet a ridiculous fact about how badly this study was conducted.
This quoted post is unavailable.
324
6,513
240
71,241
4,492,992
Define Lesufism: Lesufism refers to the tendency to prioritize creating an app as a response to a problem, rather than addressing the root cause of the issue. The app is then celebrated as a significant achievement, even if the original problem remains unresolved.
2
4
15
560
gormendizer retweeted
🚨 [Thread] The cavalry isn’t coming. 🚨 We’re often waiting for a hero—a leader, an Obama-like figure—to swoop in and save the day. To fix our unsafe streets, environment, healthcare, education… But here’s the truth: they’re not coming.
1
1
1
8
905
Ek het die Sekelnewel teen 4 verskillende fokusafstande afgeneem - van 'n selfoon op die strand tot 'n teleskoop met 'n 2 meter fokusafstand. Een van my gunstelingprojekte nog! youtube.com/watch?v=JX9BhWYY…
1
49
Ek was verstom om die komeet met my blote oë te kon sien - deur die ligbesoedeling en die volmaan! youtu.be/DKbXFGidp_U
1
1
77
Komeet C/2023 A3 Tsuchinshan-ATLAS is uiteindelik in Duitsland sigbaar. Ek het dit met 'n DSLR afgeneem op 'n heuweltjie in 'n landery net buite die buurt. Hier is 13 minute bymekaargestapel (die res van die data het laagliggende wolke en dakke in die pad).
1
1
698
NGC 7635 - Die Borrelnewel. Die foto is oorweldigend rooi omdat hierdie deel van die Melkweg meestal uit waterstof bestaan. Die borrel in die middel van die foto is egter pienk, danksy 'n groot hoeveelheid geioniseerde suurstof wat daar wegkruip.
1
3
45
Dit het twee jaar geneem, maar ek het uiteindelik 'n gangbare foto van Andromeda geneem buff.ly/4dAX5Xf
1
35
56 ure op ons naaste kosmiese buurman - M31, Die Andromeda sterrestelsel. M31 is die verste objek wat jy met jou blote oog kan sien. Die foto is saamgestel uit 16 ure se breëbanddata wat ek langs die Duitse Kus versamel het en 40 ure se smalbanddata vanaf die stoep.
1
84
gormendizer retweeted
Larger and more instructable language models become less reliable nature.com/articles/s41586-0…
5
2
6
3,491
In my thousandfold experience, scientists are more prone to intellectual fads than typical people are. The reason is obvious and the purported reason for the opposite is bad epistemology.
Yes! Scientists are immune to misinformation? Where’s the vaccine for that? This perpetuates the stereotype that scientists are dispassionate Walking Wikipedias, not normal people with biases just as entrenched and pernicious as any layperson…
89
207
42
2,020
278,977
Die volmaan bo Berlyn deur 'n 250mm lens.
1
1
51